SKOOL LIED

Die ouer kinders in die Pre-Primêre skool sien reeds die verband tussen ‘n lied en hulself in die Pre-Primêre skool. Hulle weet dat hulle hier speel en leer, en die woorde het betekenis daarvoor.

MCPP is ‘n miernes
Lekkerste skool van oos tot wes.
Hier is elke ding ‘n les
en ons tel tot meer as ses.

KOOR:

Juffrou leer ons elke dag
Ma en Pa hou altyd wag
Hemelse Vader gee ons krag
MCPP leer ons lag.

MCPP laat ons hardloop
Naderhand leer ons veters knoop.
Swaai en klim en kwassies doop,
Maak ons almal soet soos stroop.

KOOR:

MCPP bou fondasie
Help ons tot verby graad drie.
Jy sal eendag nog kan sien
Hoe ons heel die wêreld dien.

Lirieke teks: Dr Breytie Breytonbach
Musiek: Mariaan Bester